Tzitzikama Effektiewe Mikro-Organismes

Sit die bol aan die rol!

                   www.tem-imo.co.za               

Sit die bol aan die rol!

Areas van Spesialisering

Innovering deur kennis oordrag

Tzitzikama Effektiewe Mikro-organismes se Missie is om natuurlike boerdery praktyke en stelsels te bevorder deur kennis oordrag.

Ons dienste sluit in konsultasies, formulering en vervaardiging van natuurlike aanvullings deur die gebruik en toediening van voordelige mikro organismes en natuurlike plant ekstrakte.

Produkte word geformuleer en vervaardig volgens elke klient se spesifieke en individuele behoeftes.

Wie is ons...

Tzitzikama Effektiewe Mikro-organismes (Beslote Korporasie) is gelee in die Tsitsikama omgewing in die Ooskaap, op die dorp Kareedouw. Die besigheid is begin deur Adre Kleynhans gedurende 1986 en het toe hoofsaaklik gefokus op dieregesondheid. Die dienste van die organisasie het gegroei en is uitgebrei om vanaf 2002 ook op grondbiologie te spesialiseer. Kliente behoeftes is ‘n aanhoudende groeinde fokus punt vir die organisasie en vanaf 2008 is die onderwerp veld van plantbiologie ook by die dienste gevoeg. Die dienste word hoofsaaklik aan die suiwel boerdery vertakkings verskaf maar sluit ander gewasse en vrugte ook in. Die uitdaging is om ‘n kombinasie van grondgesondheid, plantgesondheid en diergesondheid te vestig vir optimum produksie.

Die hoofdoel van die organisasie is om gesonde produkte aan mens, dier en die natuur te verskaf en natuurlike boerdery praktyke te vestig. Dit verseker die vooruitsig van volhoubare boerdery sisteme en stelsels met verlaagde insetkostes. Dit versker dus meer ekonomiese boerdery stelsels met gesonder produkte waar die waarde toevoeging kwaliteit natuurlike produkte en aanvullings is met laer insetkostes.